Anthonij Rupert Wyne stel eerste L’Ormarins Private Cuvée Cap Classique bekend

Die ontdekking van die ontslape Anthonij Rupert se verpakkingsnotas en proefmodelle was die wegspringpunt vir die verwesenliking van sy droom om die Cap Classique-reeks op L’Ormarins te skep. Die L’Ormarins Private Cuvée 2014 word beskou as die toppunt van die reeks.

Hierdie uitsonderlike sjampanje (gemaak van 66% chardonnay en 34% pinot noir), ’n ode aan sy pioniersgees, is geskep met toewyding en gemaak volgens die tradisionele Franse metode. Dit het agt jaar geneem om werklikheid te word. Hierdie Cap Classique verpersoonlik onderbeklemtoonde elegansie, sofistikasie en skoonheid. Die windmakerige bottel toon die vakmanskap van die internasionaal gerekende ontwerper en kunstenaar, Mark Eisen.

Die L’Ormarins Private Cuvée 2014 is gemaak van die beste chardonnay- en pinot noir-druiwe vanaf Anthonij Rupert Wyne se Altima-plaas met sy buitengewoon koel klimaat en is die ideale uitdrukking van varsheid, suiwerheid en kompleksiteit, nes die beste vonkelwyne uit Champagne. Dit is uitsluitlik gemaak van die tête du cuvée – die heel beste sap van die eerste, sagte pars – om die suiwerste uitdrukking van L’Ormarins in ’n enkele oesjaar te verteenwoordig. Hierdie uitsonderlike sjampanje is vir ’n besonder lang tyd op die gismoer verouder, naamlik 72 maande, voor dit dégorgement ondergaan het (die proses waartydens die “prop” van dooie gisselle uit die bottel se nek verwyder word na die tweede gisting), en daarna het dit vir nog ses maande in die bottel deurgebring voor bekendstelling.

Met sy ligte uieskilkleur bied die L’Ormarins Private Cuvée miljoene fyn, lewendige borreltjies en aromas van gis met onderliggende rooi bessies en steenvrugte wat afgerond word deur subtiele sweempies heuning. Die eerste sluk word begroet met vars en verfrissende geure van suurlemoen en marmelade. Dieselfde geroosterde suurdeeggeure wat in die neus opgetel is, word verder versterk deur ’n boeket van geure. Hierdie is ’n komplekse en goed gedefinieerde Cap Classique met niks uit plek nie – net weelderig en elegant. Dit is ’n lewendige dog verfynde sjampanje om die lewe se vele kosbare oomblikke mee te vier.

Die L’Ormarins Private Cuvée 2014 is beskikaar in ’n pragtige geskenkboks op die Athonij Rupert Wyne-landgoed buite Franschhoek, of aanlyn, en kos R470 per bottel.

Vir meer inligting, of om aanlyn te bestel, besoek www.rupertwines.com.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>