Angels Tears en nougat is hemelse pasmaats op Grande Provence

Sprei jou vlerke en geniet ‘n mengelmoes van betowerende Angels Tears-wyne en handgemaakte nougat-pasmaats op die Grande Provence Heritage Wine Estate in die Franschhoek-vallei.

 

Die Angels Tears “A Taste of Heaven” word daagliks aangebied in die Grande Provence-proelokaal waar ’n verskeidenheid fynproewer-nougat by elk van die vier wyne in die Angels Tears-reeks aangebied word. Dié ongekompliseerde wyne loop oor van vrugtegeure, is genotvol en bied hope waarde vir geld – ideaal vir ‘n ontspanne leefstyl.

 

Die samesmelting van hierdie wyne met die soet sensasie van liplekker nougat is beslis ‘n hemelse kombinasie. Hierdie lekker happies word van die beste natuurlike bestanddele gemaak deur ‘n plaaslike spesialis. Die finale keurspel is bepaal na intensiewe proeë en die sorgsame opweeg van geurkombinasies om die karakter-einenskappe van die wyne uit te lig.

 

  • ’n Suurlemoen-en-tiemie-nougat smelt moeiteloos saam met die lae sappige, tropiese vrugte en tikkies groen soetrissie in die verfrissende Angels Tears Sauvignon Blanc.

 

  • Word weggevoer deur heuning-geure gevolg deur sweempies speserye en tropiese vrugte in die Angels Tears Muscato Chenin Blanc. Hierdie wyn pas perfek by die veselperske-en-makadamia-

 

  • Die kersie-en-framboos-nougat is ‘n onweerstaanbare bederf saam met die verleidelike blos en varsgeplukte aarbeigeure in die Angels Tears Natural Sweet Rosé.

 

  • Die geure van ryp rooi bessies en fluweelsagte tanniene in die vrugtige Angels Tears Merlot Cabernet Sauvignon is ‘n sensasionele pasmaat vir die luukse rooibosbessie-en-sjokolade-

 

Ervaar die Angels Tears “A Taste of Heaven”-pasmaak teen R70 per persoon by Grande Provence. Vir verdere inligting, skakel die proelokaal by   021 876 8600 of stuur ‘n epos aan winetasting@grandeprovence.co.za.

 

Die Angels Tears-wyne is landwyd beskikbaar en verkoop by die Grande Provence-kelderdeur teen R40 per bottel. Vir ekstra gemak kan hierdie wyne aanlyn by www.grandeprovence.co.za gekoop word. Aankope van 24 bottels of meer kwalifiseer vir gratis aflewering in Suid-Afrika.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>