Amarula se ‘James Bond’-drankie: geskud of gemeng!

Date posted:
October 19, 2011

Hou dit gesofistikeerd dog eenvoudig dié feesseisoen met 'n elegante en deftige mengeldrankie wat moeiteloos en maklik is om te maak. Dié smaaksensasie is aanloklik en watertandlekker, en dit lyk boonop pragtig in die glas.

 

Skud dit eers en meng dan 'n krulletjie suurlemoenskil in vir daardie je ne sais quoi.

 

Amarula-Martini

 

 

Bestanddele

30 ml Amarula

15 ml Gordon’s London Dry Gin

7,5 ml bitterwyn (“bitters”)

Suurlemoenskil

Ysblokkies

 

Metode

Voeg die Amarula, jenewer en bitterwyn in ’n mengfles, menger of houer met ’n deksel en voeg ’n paar ysblokkies by. Meng deeglik, gooi in ’n Martini-glas en garneer met ’n krulletjie suurlemoenskil. Verkil die glas vooraf deur dit met ysblokkies te vul, maar verwyder hulle voordat die mengeldrankie ingegooi word.

 

Bedien een.

 

Gebruik die volgende koppeling om te kyk hoe kundiges dié heerlike mengeldrankie maak:

http://www.youtube.com/user/AmarulaTV#p/u/7/FRKkq_6eQl0

 

Probeer self, en ontdek jou eie gunstelingmaniere om Amarula te geniet. Drink dit net so, oor ys, in ’n mengeldrankie of in koffie. Gebruik Amarula selfs in jou gunsteling-disse!

 

Besoek gerus www.amarula.com of www.facebook.com/amarula vir meer ongelooflike resepte en interessante feite oor Amarula.

 

Einde

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram