Amarula groei vinnigste in sy klas ter wêreld

Date posted:
June 30, 2011

Amarula, wat onlangs by die internasionale Concours Mondial de Bruxelles ’n goue medalje los geslaan het, is volgens Euromonitor tans die produk wat in sy kategorie die vinnigste ter wêreld groei. Volgens die navorsing was die toename in verkoopsvolumes vir 2011 vinniger as vir alle ander mededingers met ’n roombasis.

 

Amarula is op een na die wêreld se grootste drankie met ’n roombasis, en is pas in die TGI ICON-handelsmerkpeiling tweede op die lys van ikoniese spiritualie-handelsmerke in Suid-Afrika geplaas.

 

Op grond van 15 000 onderhoude wat meer as 18 miljoen volwasse verbruikers in Suid-Afrika verteenwoordig, is handelsmerke beoordeel na hul vermoë om bo inkomste, ras en kultuur uit te styg, en om ’n gemeenskaplike Suid-Afrikaanse ervaring te beliggaam. Luidens die studie deur TGI ICON kweek handelsmerke wat die beste vaar só ’n sterk handelsmerklojaliteit dat Suid-Afrikaners, selfs wanneer hulle in ander lande is, daarvoor sal vra.

 

Siobhan Thompson, die woordvoerder vir die Amarula-handelsmerk, sê die “Afrika-drankie”, soos dit die wêreld deur bekend staan, groei in 2011 steeds, terwyl die meeste mededingers se drankies in dieselfde kategorie min of meer bestendig gebly het. Buiten goeie binnelandse groei het die handelsmerk in die 12 maande tot Mei ook uistekend in dele van Afrika, veral in Nigerië, Mosambiek en Tanzanië, asook in Europa en Latyns-Amerika gevaar.

 

“Brasiliane het Amarula nog altyd sterk gesteun, en verkope styg in dubbelsyfers van ’n reeds hoë basis. Die produk ervaar ook uitstekende volumegroei in Argentinië, en ons het die handelsmerk onlangs ook in Mexiko op die mark gebring, waar dit groot belangstelling uitlok.”

 

Amarula word wêreldwyd as ’n likeur bemark, en is luidens Euromonitor tans een van die voorste 20 likeurs op aarde.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram