Allure: ’n splinternuwe, verfrissende vonkelwyn … sonder alkohol

“Allure vertoon al die kenmerke waaroor ’n klassieke vonkelwyn beskik.” Daarmee saam bied dit die gesondheidsvoordele van minder as 0.5% alkohol per volume, en met slegs 64kj per 100ml is dit die ideale lae-kilojoule-opsie. Hierdie elegante, nie-alkoholiese drankie belowe om baie mense se guns te wen wat op soek is na ’n vonkelwyn van hoë gehalte en ’n gesonde leefstyl.

Nougesette toewyding, die gebruik van moderne tegnologie en bewese keldertegnieke  lewer unieke kompleksiteit en finesse eie aan Allure se nie-alkoholiese-aanbieding.  Dit word gemaak van die tradisionele en klassieke vonkelwynkultivars, naamlik pinot noir en chardonnay. Spesiale fokus op die behoud van die kenmerkende geure van hierdie kultivars is glo opmerklik teenwoordig in hierdie heerlike vonkelwyn.

Die druiwe is teen optimale rypheid met die hand gepluk en daarna in heel trosse gepars.  Die verskillende komponente is afsonderlik gegis in vlekvrye staaltenks waarna dit vir drie maande op die gismoer deurgebring het. Daarna is versnyding, stabilisering en filtrering gedoen voordat alkoholverwydering plaasgevind het. Gedurende die alkoholverwyderingsposes is aansienlike aandag daaraan gegee om so delikaat  moontlik te werk te gaan om die kenmerke van ’n Cap Classique-basiswyn se gistingsgeure te behou. 

Allure bied die genot van ’n heerlike vonkelwyn op ’n verantwoordelike wyse. Dit is die perfekte opsie vir onder andere gesondheidsbewustes en fiksheidsbewustes. Met al sy voordele kan Allure beslis beskou word as die voorkeur-vonkelwyn vir genot te alle tye sonder enige skuldgevoelens.

“In die neus is daar aanvanklik aromatiese blomgeure, gevolg deur rooi-appel, granaat, appelkoos, vars perske en subtiele titsels karamel. Die smaak skop flink af met vrugtige geelpitgeure, ’n lemmetjie-varsheid en ’n ligte, sappige suur om mee af te sluit.”

Allure is die ideale aptytwekker en pasmaat vir ’n verskeidenheid geleenthede. Dit komplementeer ligter maaltye soos soesji en kraakvars slaaie, en selfs nageregte soos bessie-pavlova met styfgeklopte room.

Allure kos sowat R130 per bottel. Vir meer inligting, besoek www.alluresparkling.com.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>