Allesverloren Port bied gebottelde weelde

Date posted:
November 4, 2010

Deel die genot van een van die oudste en hoogs aangeskrewe ports in Suid-Afrika hierdie feesseisoen met die Allesverloren Port-geskenkpak, ’n pragtige geskenkboks met ’n bottel van hierdie geliefde port, ’n stel glase en verleidelike Lindt-sjokolade.

 

Hierdie Allesverloren Port het aanloklike aromas van vrugtekoek, heuning, rosyntjies en swartbessies met sweempies sjokolade en mokka wat die mond vul voordat dit met ’n fluweelsagte en talmende vrugtekoeknasmaak eindig. Dit is ideaal om saam met kaas en nagereg met gaste te deel, of op sy eie.

 

Die Allesverloren Port is ’n versnit van gelyke hoeveelhede tinta barocca-, souzao- en pontac-druiwe, met die balans wat bestaan uit malvasia rey, tinta röritz, tinta francisca en touriga naçional.

Allesverloren het in 1704 ontstaan en presies 100 jaar later, in 1804, is die eerste wyn hier gemaak. Daniel Francois Malan het die plaas in 1872 aangeskaf en vandag word Allesverloren deur die vyfde geslag Malans bedryf.

 

Die Allesverloren Port-geskenkpak is by alle vooraanstaande drankwinkels beskikbaar teen sowat R160.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram