A Twist of Fate: ’n Rooiwyn in ’n Ligter Styl vir alle Seisoene

A Twist of Fate, ’n versnit van die twee Portugese kultivars tinta barocca en tinta amarela, is ’n rooiwyn wat in ’n ligter styl gemaak word en vorm deel van die De Krans-privaatkelder se gewilde Terroir-reeks. Hierdie rooi versnit kan met pinot noir vergelyk word wat betref styl en gebruik.

Die doel met A Twist of Fate is om ’n ligter styl-rooiwyn te skep wat verkil bedien word en dit dus ideaal vir die warmer dae maak. Vryloopsap word gebruik in die maak van die wyn wat bydra tot sy heerlike aarbei- en kersiegeure, ondersteun deur ’n aangename aardsheid, sweempies speserye en subtiele eikehoutkarakter.

Die De Krans A Twist of Fate kos sowat R92 per bottel en is nie net puik op sy eie nie, maar ook die ideale pasmaat vir springbok-carpaccio en charcuterie. En dis natuurlik ook ’n braaivleiswyn sonder weerga.

A Twist of Fate bring hulde aan die eerste Portugese wynkultivar wat by Calitzdorp geplant is, naamlik tinta barocca. Hierdie kultivar is in 1973 per ongeluk in hierdie omgewing geplant toe dit vir shiraz aangesien is, en sodoende is Suid-Afrika se porthoofstad “per ongeluk” gebore. ’n Soortgelyke lot het tinta amarela te beurt geval. Dit is in 2004 aangeplant pleks van tinta roriz. Hierdie twee “ongelukke” is die storie agter die wyn, vandaar die naam.

De Krans se Terroir-reeks sluit ’n keur van droë, rooi Portugese kultivars in, inlsuitende die landgoed se gewilde Touriga Nacional. Die naam “Terroir” dui op die wyse waarop hierdie unieke wyne hul plek van oorsprong omhels en ten toon stel. Calitzdorp se klimaat en grond is baie soos dié wat mens in die Duoro-vallei in Portugal vind.

Benewens die Terroir-reeks bied De Krans ook ’n reeks wêreldklas portwyne, asook sy klassieke kultivarreeks, wat gewilde wyne soos die Premium Moscato Perlé, die De Krans Free Run Chenin Blanc, die De Krans Pinotage Rosé en die Basket Press Cabernet Sauvignon insluit.

Vir meer inligting en om aanlyn te bestel, besoek www.dekrans.co.za, en volg De Krans op hul sosiale media-platforms.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>