4th Street – ‘n wyn gemaak vir vriende en goeie tye

Date posted:
May 19, 2009

“Waar daar ‘n opskop is, is daar 4th Street”. Met ‘n nuwe sosiale vlinder in ons midde word goeie tye saam met vriende opnuut ‘n lewensfeit. En daai vlinder is 4th Street, ‘n natuurlike soet rosé.

 

Sonder pretensie en glad op die tong flankeer hierdie nuwe wyn heel gepas in kringe met ‘n passie vir vriendskap en samesyn. 4th Street is ‘n toeganklike, jeugvolle rosé wat perfek is vir ‘n gesellige makietie waar vriende goeie wyn en goeie tye deel.

 

“Enige plek is waar vriende sommer spontaan en gemaklik saam kom vir goeie tye wat dikwels oorslaan na feesvieringe op die sypaadjie en in die straat. 4th Street pas in by hierdie lewenslustige gemeenskapsatmosfeer met sy natuurlike, soet karakter wat dans in die mond,” verduidelik 4th Street se handelsmerkbestuurder, Jeanne de Wet.

 

Die wyn met sy parmantige, ooglopende pienk voorkoms is ideaal om saam met vriende te geniet, en teen ‘n sakpasprys is 4th Street goed op pad om ‘n treffer onder die dames te word.

 

4th Street is gekroon met ‘n skroefdop vir gerieflikheidsonthalwe en is beskikbaar in ‘n 750ml-bottel sowel as ‘n 1,5l-bottel vir wanneer jou voordeurklokkie onverwags lui. Te koop teen ‘n prys van om en by R21.96 vir die standaardgrootte en R39 vir die 1,5 liter, is daar geen verskoning om nie by hierdie adres te gaan aanklop nie. Maak seker jy vind die paadjie na 4th Street by jou naaste supermark of drankwinkel.

 

4th Street – Sien jou daar!

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram